Trein tref motor, bestuurder vermis

2009-10-10 20:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg- In ‘n vreemde sameloop van gebeure is die bestuurder van ‘n Alpha Romeo vermis nadat ‘n trein die motor getref het.

Die polisie is opsoek na die bestuurder van die motor nadat ‘n trein Saterdagoggend naby Meyerton daarin vasgery het.

“Volgens die treindrywer het hy drie mans langs die pad sien staan wat hom gewaarsku het dat ‘n motor op die treinspoor is. Hy het die geel motor gesien maar kon nie betyds stop nie,” het Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, gesê.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die ergste vermoed, maar by nader inspeksie het dit geblyk dat niemand in die motor was nie.

“Daar was geen teken dat enigiemand in die motor was toe die trein dit getref het nie,” het Vermaak gesê.

Die hulp van die polisie se honde-eenheid is ingeroep om na die insittende te soek, maar dit het geen resultate opgelewer nie.

“Die identiteitsboekie van ‘n 38-jarige vrou is in die motor gevind asook ‘n handsak.”

Die vermoede bestaan dat die vrou se motor moontlik gekaap is en dat die voertuig gesteel is. Die saak word steeds deur die polisie ondersoek.

 –Sapa

Lees meer oor: treinongelukke  |  ongelukke  |  vermis

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SêNet sê... Geen skande vir hulle nie. Dis hulle kultuur om te teel en te steel Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

HONDA

Civic 1.8 LXi AT
2010
R 174,950.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.