Trein tref man op platform
2012-02-04 17:01
Johannesburg – 'n Sekuriteitswag is dood nadat hy by die Tooronga-treinstasie deur 'n trein getref is, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Die man het op die platform gewag toe die trein hom omstreeks 06:00 tref, het Robert Mulaudzi gesê.
"Daar word vermoed dat die man op pad werk toe was. Hy is ongelukkig deur die trein getref en is op die toneel dood."
Mulaudzi het 'n beroep op die publiek gedoen om versigtig te wees wanneer hulle op platforms staan.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA