Trein brand in Tshwane
2009-09-29 10:16
Tshwane – Twee Metrorail-treinwaens is Maandagaand by die Waltloo-treinstasie afgebrand, het die stad Tshwane gesê.
Volgens Console Tleane, ‘n woordvoerder vir die stadsraad, het die voorval Maandagnag plaasgevind.
Tleane sê niemand is beseer nie en daar was geen passasiers in die trein tydens die brand nie.
"Die oorsaak van die brand sal ondersoek word, maar ‘n saak van brandstigting lyk waarskynlik,” het Tleane gesê.
- Sapa