Tref-en-trap-motoris wag op vonnis

2011-07-06 20:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Andries Zuiderma, wat ses jaar gelede ‘n fietsryer met sy motor doodgery het, sal op 28 Julie in die Wynberg-streekhof hoor wat sy vonnis is.

Zuiderma het in Maart 2006 met sy dubbelkajuit-bakkie in ‘n groep fietsryers ingeploeg en weggery.

Een van die fietsryers, Jan-Hendrik Olivier (39) van Johannesburg, was saam met sy gesin in Kaapstad vir die Cape Argus-fietstoer. Hy is dood in dié ongeluk.

Zuiderma, wat Woensdag in die hof verskyn het, is skuldig bevind op aanklagte van strafbare manslag en die versuiming om ná 'n ongeluk te stop en bystand aan beseerde mense te verleen.

Bantu Nyembezi, aanklaer, het gevra dat Zuiderma tronkstraf met vroeë vrylating opgelê word, waarna hy onder huisarres sal wees.

William Booth, vir die verdediging, het egter voorgestel dat huisarres sonder tronkstraf voldoende sal wees.

Nyembezi het gesê die vonnis moet motoriste herinner dat hulle in beheer van ‘n toestel is wat dood of ernstige beserings kan veroorsaak.

Hy het gesê die wet vereis dat motoriste omvattende besorgdheid toon wanneer hulle bestuur en dat swaar strawwe opgelê sal word vir dié wat iemand doodmaak deur nalatigheid.

Nyembezi het gesê Zuiderma se versuiming om by die ongelukstoneel te stop, is ‘n verswarende faktor.

Volgens Booth is Zuiderma ‘n persoon sonder kriminele tendense en nie iemand wat uit die samelewing verwyder hoef te word nie.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Zuiderma ooit weer met die gereg sal bots, het hy gesê.

Hy het gesê Zuiderman het hom gevra om namens hom sy medelye aan die familie van die oorledene uit te spreek.

“Ons kan nie die geskiedenis verander nie. Die feit dat hy ‘n ander persoon se dood veroorsaak het, sal vir die res van sy lewe by Zuiderma spook.”

Zuiderma sal ook ‘n kriminele rekord hê en dít sal ‘n ernstige impak op sy lewe hê, het Booth gesê. Volgens hom is die perke van huisarres net so erg soos gevangenisstraf.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: strafbare manslag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.