'Tree nóú op, pres. Zuma'

2011-10-12 08:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Athol Trollip, leier van die opposisie in die parlement, het Dinsdag ’n ope brief aan pres. Jacob Zuma gestuur oor die gebrek aan proaktiewe optrede tydens sy bewind.

Volgens Trollip is daar ’n groeiende kloof tussen die regering se beloftes en die regering se vermoë om sy beloftes gestand te doen.

Hy meen dis nou tyd vir aksie, soos met die onlangse aankondiging van ’n kommissie van ondersoek na die regering se wapentransaksie gedoen is, hoewel die begrensing van die kommissie se taak ook nou prioriteit moet geniet.

Volgens Trollip is daar verskeie hangende kwessies wat opgelos moet word en moet die president ’n paar taai keuses maak, al maak dit hom ongewild binne sy party.

Eerstens verwys Trollip na die peperduur huurooreenkomste vir polisiekantore, waaroor adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, bevind het Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, het onaanvaarbaar en onwettig opgetree, en dat dit neerkom op wangedrag.

In Februarie het Madonsela aanbeveel daar moet teen die minister opgetree word. Sedertdien het Mahlangu-Nkabinde reeds verskeie kere nie opgedaag wanneer sy gevra is om haar saak te stel voor die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke nie.

“Dit is u prerogatief om op tree teen die minister en die nasionale polisiekommissaris, genl. Bheki Cele. U kan dadelik optree. En u behoort dit sonder verwyl te doen,” aldus Trollip.

Die tweede klippie in Trollip se skoen is die plan teen korrupsie, waarvoor ’n interministeriële taakspan twee jaar gelede aangestel is, maar waarvan dadels gekom het.

“Die noodwendige gevolgtrekking is dat daar geen plan teen korrupsie is nie. Die onuitwisbare indruk is nogmaals dat hierdie regering beter vaar met beloftes as met resultate.”

Die parlementêre DA-leier se derde punt handel oor die ministeriële handboek. Veranderings daarin word al twee en ’n half jaar lank beloof, sedert die astronomiese besteding op ampsmotors ’n openbare twisappel geword het. Trollip het uitgewys dat die Wes-Kaapse regering reeds die nodige veranderings aangebring het en jaarliks omvattend bespaar.

“U kan diegene stil maak wat beweer u presidentskap word bepaal deur die wil om ander tevrede te stel. Nou kan u aan alle Suid-Afrikaners toon dat u ’n ware leier is,” het Trollip beklemtoon.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma  |  athol trollip  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.