Transnet dok R13 m. op vir WB

2010-08-03 20:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Ook Transnet het die sokker-soustrein flou gery.

Dié staatsonderneming het meer as R13,3 miljoen bestee aan kaartjies vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi om sy grootste kliënte en strategiese vennote te bederf.

Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, het gister in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA gesê Transnet het in 2009 sowat R1,1 miljoen bestee aan kaartjies vir die Nedbank-uitdaaggholftoernooi by Sun City en R36 000 aan rugbykaartjies.

Nog 170 kaartjies ter waarde van sowat R360000 is in April vanjaar op kaartjies vir die Kaapstadse Internasionale Jazzfees uitgegee.

Bogenoemde uitgawes is aangegaan om “strategiese verhoudings” met belangegroepe en rolspelers te versterk, ’n positiewe beeld uit te bou en om “Transnet as ’n kliënt-gefokusde sake-entiteit in transformasie te posisioneer”, lui Hogan se motivering.

Eskom, die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Transnet het dus altesaam R48,6 miljoen se kaartjies vir die sokkertoernooi gekoop.

Hogan het ook bekend gemaak die staat se wapenvervaardiger, Denel, het in 2009 meer as R60000 bestee aan sokker- en rugbykaartjies wat aan personeel van die departemente van verdediging en militêre veterane; handel en nywerheid; internasionale betrekkinge en samewerking en die polisie uitgedeel is.

Volgens Hogan het Eskom verlede jaar tydens die Konfederasiebeker-sokkertoernooi R18500 aan kaartjies bestee om bande met belangrike kliënte en belanghebbendes te versterk.

Tim Harris, DA-LP en lid van die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor finansies, het gister gesê Transnet, Denel, Eskom en die SAL is gewetenloos.

“Openbare geld word vermors om hoogs betaalde uitvoerende hoofde en vriende van die ANC-regering te vermaak terwyl Suid-Afrikaanse belastingbetalers se elektrisiteitsrekeninge reusagtig gestyg het.”

Pravin Gordhan, minister van finansies, die ouditeur-generaal en die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) is veronderstel om eersdaags te vergader oor die geld wat staatsdepartemente en staatsondernemings aan Wêreldbeker-sokkerkaartjies bestee het.

Volgens Jabulani Sikha­khane, woordvoerder van die tesourie, moet ’n datum nog vasgestel word.

- Die Burger

Lees meer oor: transnet  |  2010

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Riekie sê... Ek sou graag in presiese woorde wou gese het wat ek dink van die "agbare President" maar dit sal verwyder word so nou se ek maar net WHATEVER!!!!! |Dream om!!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2004
R 139,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 185,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.