Transito-rower by kliniek vasgetrek
2011-06-24 18:17
Johannesburg – ‘n Man wat klaarblyklik deel was van ‘n
skietery buite ‘n skool in Parktown waartydens twee skoolkinders beseer is, is
by die Alexander-kliniek in hegtenis geneem.
Luitenant Kolonel Tshisikhawe Ndou sê die
polisie het te hore gekom van ‘n man met skietwonde wat by die kliniek afgelaai is.
Die polisie het na die kliniek gehaas, die man
is uitgeken en hy is net daar in hegtenis geneem.
Twee laerskool kinders is gewond tydens ‘n mislukte
transito rooftog net buite Roseneath Laerskool in Parktown.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA