Tragedie ruk Madiba ná WB-konsert
2010-06-11 06:04
Johannesburg - Oudpres. Nelson Mandela se agterkleinkind is dood in 'n ongeluk op pad huis toe ná die afskopkonsert van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Zenani Mandela (13), die kleinkind van Zindzi Mandela, is dood ná die motor waarin sy gereis het in 'n botsing in Johannesburg betrokke was, het die Nelson Mandela-stigting in 'n verklaring gesê.
Niemand anders is in die botsing beseer nie.
Zenani het op 9 Junie haar 13de verjaardag gevier en was die oudste kind van Zoleka Seakamela.
Sy was een van Madiba se nege agterkleinkinders.
Die Nelson Mandela-stigting sê die gesin het gevra dat hul privaatheid respekteer word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA