Tragedie by tehuis sit kollig op bejaardesorg

2010-08-08 12:20
Tweets Share Share line Print

Die Pieter Wessels-tehuis vir bejaardes, waar 'n brand die lewe van 23 bejaardes geëis het. Foto: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rapport

Johannesburg - Minder as 10% van Suid-Afrika se bevolking van 49,9 miljoen is ouer as 60 – maar vir dié groep van byna 4 miljoen raak verblyf in tehuise vir bejaardes toenemend onbekostigbaar.

Daarom is tuisversorging, met die hulp van kinders en kleinkinders, ál oplossing om hul groeiende verblyf- en geldelike nood te verlig.

’n Studie van die vakbond Solidariteit se verantwoordelikheidsfunksie Helpende Hand, onder leiding van dr. Dawie Theron, het getoon dié spesiale behuising het krisisafmetings bereik.

Solidariteit het die tuisversorging van bejaardes as ’n skaars vaardigheid geïdentifiseer en Sol-Tech, Solidariteit se opleidingskollege, maak vanaf 2008 voorsiening vir opleiding in die tuisversorging van bejaardes.

Annette Bekker, in beheer van die Ruyterwacht Senior Sentrum in Ruyterwacht, Kaapstad en voorheen hoof van die afdeling bejaardesorg van ’n kollegegroep, sê daar is heeltemal te min bekostigbare verblyf vir bejaardes in Suid-Afrika.

Met ’n basiese staatspensioen van R1 080 per maand “kan jy nie eens ’n kamer huur én nog leef nie,” sê sy. “Ons het bepaal dat bejaardes nie met minder as R3 000 per maand kan klaarkom nie – en dis ver bo die staatspensioen. Vir baie is daar dus nie sprake van verblyf in ordentlike tehuise nie.”

Sy sê al uitweg is dat maatskaplike organisasies en kerke inspring en woonhuise koop waarin bejaardes kamers kan huur – maar dan moet hulle gesond en selfversorgend wees. “En ons vind kerke se gemeentebydraes het met tot twee-derdes afgeneem. Die deel wat kerke dus vir maatskaplike steun bydra, raak al hoe minder.”

Volgens Bekker moet ’n bejaarde ’n inkomste van minstens R1 500 per maand hê om te kan kwalifiseer om by die nie-regeringsorganisasie Communicare vir huisvesting aansoek te doen. “Dis ver meer as R1 080!”

Communicare – wat help met huisvesting vir sukkelende bejaardes – se huur wissel, sê sy: “Party bejaardes sal byvoorbeeld vir ’n tweeslaapkamerplek R800 en ander R1 500 vir dieselfde grootte betaal.”

Communicare hef ook rente op agterstallige huurgeld. “Ek sien bejaardes wat deesdae in agterplase, Wendy-huise en plakkerskampe gaan woon. Uitgebreide gesinne raak onbekostigbaar. Kinders kan nie meer hul ouers bekostig nie.”

Sy sê die departement maatskaplike ontwikkeling laat nie toe dat bejaardes ekstra geld verdien om hul staatspensioen aan te vul nie.

“Onlangs het ’n oom hier in Goodwood vir ’n ekstra geldjie ’n skool se skoolpatrollie gehanteer; toe word sy pensioen weggevat.”

Bekker sê as die staatspensioen jaarliks met minder as R100 per maand verhoog word, “word huurgeld met R120 tot R150 per maand opgestoot. Pensioene is nie markverwant nie.”

Bejaardes leen toenemend by geldskieters. “Hulle leen dié maand R200, maar moet dan volgende maand R400 terugbetaal. Dan gaan leen hulle weer R400... Dis ’n bose kringloop.”

“Suid-Afrika mishandel sy ou mense. Die staat gee nie werklik om nie. En die samelewing kan hulle ook nie dra nie.”

Die oplossing lê by groot maatskappye, sê sy: “Hulle moet hand uitsteek en huise begin koop vir die oues. Hulle moet ’n bydrae maak tot die ouer geslag.

Ekstra bronne:
www.saseniorservice.co.za
www.saarp.co.za

Lees meer oor: bejaardes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.