Top polisiebeampte vas vir bedrog
2011-12-02 18:39
Johannesburg – ‘n Senior Mpumalanga polisiebeampte wat vervalsde eise ingdien het vir die hoeveelheid kilometers wat hy met sy gesubsidieerde motor afgelê het, is afgedank.
Die interne dissiplinêre komitee het brigadier
Vuse Mdakane (52) skuldig bevind en hom Donderdag afgedank, het
luitenant-kolonel Leonare Hlathi gesê.
Mdakane is die afgelope 26 jaar in die
polisiediens.
Hy is Augustus in hegtenis geneem en van bedrog
aangekla.
“Hy het gesê dat hy sy gesubsidieerde motor
gebruik het om ‘n saak in Komatipoort te ondersoek.
“Die saak waarna hy verwys is egter reeds in
2009 afgehandel,” het Hlathi gesê.
Die Nelspruit landroshof het Mdakane sedertdien
op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak is tot 10 Januarie uitgestel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA