Tolo-moordverdagtes in hof
2011-10-28 19:55
Johannesburg – Twee mans het in verband met die moord op Cope
LP Jack Tolo in die Sekhukhune landroshof verskyn.
Volgens brigadier Hangwani Mulaudzi is Frans
Matola (33) en Solomon Nkosi (41) borgtog geweier en is die saak tot 8 November
uitgestel.
Die twee mans is in Mamelodi, oos van
Pretoria, in hegtenis geneem.
“Hulle word aangekla van moord, ontvoering,
roof met verswarende omstandighede en opsetlike saakbeskadiging,” het hy gesê.
Tolo was in sy huis in Ga-Masha in Sekhukhune
in Augustus vanjaar vermoor.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA