Tolo-moordsaak uitgestel
2011-12-06 18:58
Johannesburg – Die verhoor van drie mans wat verdink word van die moord op die Cope-LP Jack Tolo is Dinsdag in die Sekhukhune-landdroshof uitgestel, het die polisie in Limpopo gesê.
Peter Piet Ditshego (30), Frans Matola (33) en Solomon Nkosi (41) sal na verwagting weer op 25 Januarie in die hof verskyn, het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.
Hy het gesê die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.
Die drie verdagtes, wat in aanhouding bly, word daarvan beskuldig dat hulle Tolo op 21 Augustus by sy huis in Ga-Mashe, Sekhukhune, vermoor het.
In die aanval het ses mans Tolo se familie vasgebind, hom geskiet en geld, juweliersware en selfone geëis.
Die polisie is nog op soek na die ander drie mans.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA