Toilette hét menseregte geskend
2010-06-04 16:28
Kaapstad - Die Menseregtekommissie het bevind dat die Stad Kaapstad die reg op waardigheid van inwoners van Makhaza in Khayelitsha geskend het deur oop toilette te verskaf.
Dit volg nadat die ANC-jeugliga in Januarie 'n klag oor die toilette ingedien het.
Die voorsitter van die kommissie, Lawrence Mushwana, het op 'n nuuskonferensie in Kaapstad gesê hulle het aanbeveel dat die 51 oop toilette, wat Maandag verwyder is, weer geïnstalleer én toegemaak moet word.
Hy sê daar word aanbeveel dat die stad maandeliks verslag doen oor die implementering van die aanbevelings.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA