Toetsuitslae oor voëlgriep kom gouer

2011-11-10 09:06
Tweets Share Share line Print

Oudtshoorn – ’n Nuwe laboratorium gaan help dat volstruisboere in die Klein-Karoo baie vinniger die resultate van toetse vir die H5N2-virus bekom.

“Ons kan die uitslag van bloedtoetse binne drie dae verskaf, waar boere in die verlede tot drie weke moes wag,” het dr. Hannes Swart, uitvoerende hoof van Deltamune, gister by die bekendstelling van die nuwe geriewe gesê.

Die volstruisbedryf is in April vanjaar tot stilstand gedwing nadat bloedmonsters van slaggereed-volstruise positief vir teenliggaampies van die H5N2-virus getoets het.

“Die Veeartsenykundige Instituut op Onderstepoort kon nie voorbly met die toetse nie en het ons van die begin af uitgehelp.

“Die Europese Unie vereis dat ’n laboratorium wat aan internasionale standaarde voldoen in die krisisgebied gevestig moet word, asook dat baie meer monsters vir die virus ontleed word.”

Teenliggaampies in die bloed toon dat die volstruise reeds die virus gehad het, maar tot dusver kon die oorsprong van die virus nie vasgestel word nie.

Swart meen dat uitgebreide Polimerase Kettingreaksie-toetse (PKR) wat genetiese materiaal van die virus aandui, ingespan kan word om die oorsprong van die virus vas te stel.

Een van die toetsapparate in die laboratorium vir intydse PKR-toetse stel die laboratorium in staat om 96 monsters op ’n keer te ontleed. Dit is die hoeveelheid wat nodig is om die voorgeskrewe toetse vir 48 volstruisplase per dag te doen.

“Vinniger toetse sal daartoe lei dat resultate vinniger beskikbaar is. Volstruise wat negatief toets, kan dan vinniger geslag word. Sodoende kan boere die geld spaar wat hulle aan die voer van voëls moes bestee indien hulle langer vir resultate moes wag.”

Swart het gesê die krisis kan opgelos word as al die volstruisboere saamwerk en binne die reëls bly.

“Almal moet streng ag slaan op biosekuriteit, wat die risiko van besmetting wel beperk. Meer PKR-toetse moet gedoen word om vas te stel waar die oorsprong van die virus is.

“Die volstruisbedryf moet meer gesofistikeerd raak en kan by die res van die pluimveebedryf gaan kers opsteek, veral wat biosekuriteit betref.

“Die bedryf sal ook moet herstruktureer om moontlike oor-en-weer-besmetting tussen slagvoëls en broeivoëls te voorkom. Ons het die kennis en ervaring en wil deel van die oplossing wees.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Die meeste burgers in SA kan nie kompeteer met die kundige werkers in die internasionale markte nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.