Toet om 12:00 vir mediavryheid
2011-06-27 09:25
Kaapstad – Toet elke middag vir mediavryheid.
Hoot@Noon, ’n nuwe veldtog van Mobilitate, behels dat bestuurders oor die land heen elke dag om 12:00 vir een minuut lank “op hul toeters lê” om hul teenkanting teen die voorgestelde mediatribunaal te wys.
Die veldtog het ten doel om dié voorgestelde tribunaal in Suid-Afrika “dood te maak”.
Mobilitate, ’n organisasie wat hom vir ’n beter Suid-Afrika beywer, wil hê Suid-Afrikaners moet elke dag toet totdat die regering besluit om die idee te laat vaar.
“Ons wil elke media-organisasie vra om die veldtog te ondersteun. Luisteraars en lesers moet aangemoedig word om daarby aan te sluit.”
Mense wat by die veldtog wil aansluit en ’n beswaarskrif wil teken, kan die webtuiste www.hootatnoon.co.za besoek.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld