Tafelberg: Toeris sien rower vir gids aan
2011-12-29 14:20
Kaapstad – Die Tafelberg-sweefspoormaatskappy het sy
kommer uitgespreek nadat ‘n toeris ‘n rower vir ‘n amptelike gids aangesien het.
‘n Man van Durban het Woensdag saam met sy
familie met die sweefspoor by Tafelberg opgegaan. Hy het besluit om van die sweefspoor af na
Maclear’s Beacon te stap, het die uitvoerende beampte, Sabine Lehman, gesê.
“Die rower het die toeris se beursie, selfoon
en kamera gesteel.
“Een van die slagoffer se familielede het die
voorval met sy selfoon afgeneem.
“Die rower het ‘n swart broek en lemmetjie-groen hemp aangehad en het ‘n rooi
rugsak by hom gehed,” het Lehman gesê.
Die beeldmateriaal is aan die polisie
oorhandig om hulle met die ondersoek te help.
“Enige roofvoorval is ‘n bron van kommer, maar
ons is veral besorgd oor dié voorval, aangesien die rower vir ‘n gids misgis
is,” het Lehman bygevoeg.
“Dít het nog nooit vantevore gebeur nie.”
Volg Nuus24
op Twitter.
- SAPA