Toeris besteel: Man moet 12 jaar sit

2010-07-07 10:23
Tweets Share Share line Print

Beeld

Potchefstroom. – ’n Gewoontemisdadiger het Dinsdag hier in die spesiale WB 2010-hof aangevoer hy het ’n Spaanse sokkertoeris in die stad besteel omdat hy as motorwag geen inkomste meer in die “stil vakansieseisoen” kon verdien nie.

Landdros E. Mmoláwa het nie veel genade daarvoor gehad nie en Martin Palmer (21) van Promosa naby die stad tot 12 jaar direkte tronkstraf op aanklagte van huisbraak en diefstal gevonnis.

Mmoláwa het met verwysing na Palmer se vorige veroordelings, wat roof en poging tot moord insluit, gesê dis duidelik dat Palmer “gewelddadige” neigings het.

“Dis kommerwekkend dat jy op so ’n jong ouderdom sulke ernstige misdade pleeg. Dis nou tyd om jou te stop,” het Mmoláwa gesê. “Jy wil nie in vrede met die gemeenskap leef nie.”

Mmoláwa het gesê die soort misdaad waaraan Palmer hom skuldig gemaak het, is endemies in ons land en dat mense van die howe verwag om hulle teen mense soos Palmer te beskerm.

“Howe moet swaar strawwe daarvoor oplê, anders sal mense reg in eie hande neem. Hulle moet veilig en vreedsaam kan leef sonder vrees vir inbrake,” het Mmoláwa gesê.

Palmer het skuld beken. In sy pleitverduideliking wat in die hof voorgelees is, het hy gesê hy het op 25 Junie die ruit van José Gracia se kamer by die Oudrift-gastehuis buite die dorp gebreek terwyl Gracia nie daar was nie.

Hierna het hy in die kamer geklim en verskeie items gesteel, onder meer drie denimbroeke, twee jasse, 15 T-hemde, ’n paar Adidas-tennisskoene, twee sweetpakke, parfuum, vier Adidas-truie, kouse, sporthemde en slaapklere. Palmer het ook erken hy het ’n afstandbeheertoestel en DStv-dekodeerder gesteel wat aan die gastehuis behoort.

Dié twee items is later onder sy bed in sy huis in Promosa gevind. Van die klere is op ’n hoop by ’n treinspoor naby die gastehuis gevind, terwyl ander in Palmer se besit gevind is.

Mmoláwa het gesê hoewel die meeste van die gesteelde goedere met ’n gesamentlike waarde van R6 200 teruggevind is, was dit nie deur Palmer se toedoen nie.

Die polisie het hom met die toneel verbind nadat sy vingerafdrukke daar gevind is. Palmer was uit op parool weens twee aanklagte van roof waarop hy in Augustus 2007 skuldig bevind is, toe hy verlede maand by die gastehuis ingebreek het.

Hy is in Februarie 2007 ook skuldig bevind op ’n aanklag van poging tot moord, waarvoor hy vyf jaar tronkstraf opgelê is, maar dié vonnis is in sy geheel opgeskort. Hy was toe maar 17.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Die meeste burgers in SA kan nie kompeteer met die kundige werkers in die internasionale markte nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.