Tina wil boere uittog na Afrika keer
2010-02-03 13:27
Kaapstad - ‘n Uittog van Suid-Afrikaanse boere na elders op die vasteland is nie wat die Regering wil hê nie, het Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou gesê.
Bosbou en Visserye en Agri SA sê daar is nog heelwat onsekerhede wat uit die weg geruim moet word voor hy met vrymoedigheid boere se betrokkenheid elders in Afrika kan help bewerk.
Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur, het verwys na die Suid-Afrikaanse boere wat reeds op eie inisiatief elders in Afrika betrokke geraak het.
Agri SA hanteer ook gereeld versoeke deur verskeie Afrika-regerings om te help met hul landbou-ontwikkeling deur Suid-Afrikaanse boere aan te moedig om hulle boerderybelange daarheen uit te brei.
“Dit is vir Agri SA belangrik dat die risiko’s wat met boerdery elders in Afrika gepaard gaan, verminder moet word deur seker te maak dat daar op interregeringsvlak toepaslike ooreenkomste bestaan wat onder meer belegging sal beskerm en ’n meer voorspelbare beleidsomgewing sal waarborg.”
Vir die volledige storie, besoek landbou.com