Tieners vas ná hulle glo vrou verkrag
2011-11-30 16:39
Oos-Kaap – Vier tieners tussen die ouderdomme van 16 en 17 is in hegtenis geneem nadat hulle 'n vrou in haar huis in Mthatha in die Oos-Kaap verkrag het, het die polisie Woensdag gesê.
Die tieners het Dinsdagaand die deur van 'n huis in Ntlaza afgeskop, het lt.kol. Mzukisi Fatyela gesê.
Hulle het die 32-jarige vrou beurtelings verkrag en haar van 'n onbekende bedrag geld beroof en weggehardloop.
Die polisie het leidrade opgevolg en die tieners is Woensdagoggend in dieselfde gebied in hegtenis geneem.
Die groep sal na verwagting Donderdag op aanklagte van verkragting en rooftog in die Ngqeleni-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA