Tieners se seksvideo's is pornografie, onwettig

2011-10-23 08:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Kinders wat seksdade op selfone vaslê en ook diegene wat dit rondstuur, kan aangekla word van die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

Dít is die waarskuwing van die polisie nadat vier tieners vasgetrek is oor ’n selfoonvideo wat onder leerlinge in die Hoërskool Oudts­hoorn versprei is.

Die video wys drie seuns, onderskeidelik 16, 17 en 18 jaar oud, wat seksuele dade pleeg met ’n 15-jarige meisie en medeleerling, sê kapt. Louis Visser, polisiewoordvoerder. Hulle was almal tot onlangs in die skoolkoshuis.

Die ouers van die meisie, wat na bewering die seksdade by die De Jagers-sportsentrum geïnisieer het, het polisie toe gegaan nadat ’n onderwyser hulle daaroor ingelig het. Sy is die afgelope week uit die skool gehaal.

Die voorval het glo reeds in September plaasgevind, maar dit het eers onder ’n onderwyser se aandag gekom toe die video verlede week in ’n klaskamer versprei is.

Die drie seuns wat glo op die video is, is verlede Vrydag by die skool gearresteer en het vlugtig in die landdroshof verskyn op aanklagte van statutêre verkragting.

Hulle sou Woensdag weer verskyn het, maar die saak is uitgestel tot 2 Desember op versoek van die 18-jarige leerling, wat besig is met matriekeksamen.

Die ouers van die 17-jarige seun wat glo die voorval verfilm het, het die afgelope week met die ondersoekbeampte vergader. Hy het in die hof verskyn op ’n aanklag van die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

“Kinders wat pornografiese materiaal vervaardig en versprei, is gewoonlik salig onbewus daarvan dat hulle die wet oortree,” sê Visser.

“Daar is beslag gelê op die selfoon, maar die video is reeds uitgevee.”

’n Lasbrief gaan uitgereik word sodat deskundiges die video kan opspoor.

“Kinders besef nie die erns van hul dade nie: Nie dié wat die dade pleeg nie en ook nie dié wat die video’s daarvan opneem of dit versprei nie.

“Elkeen wat die video ontvang of aangestuur het, kan ook aangekla word van die verspreiding van kinderpornografie.”

Visser sê verder dat selfs wanneer minderjariges self die naakfoto’s neem om aan te stuur, is dit teen die wet.

Intussen het Bronagh Casey, woordvoerder van Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, gesê die skool se beheerliggaam moet besluit of die betrokkenes geskors moet word.

“Die minister kan nie self kommentaar lewer nie, want hy is die hoogste gesag van appèl in so ’n geval.”

Verlede jaar het ’n soortgelyke voorval by die Hoërskool Hottentots-Holland in Helderberg plaasgevind.

’n Video van vier minute is geneem van ’n gr. 8-seun en ’n gr. 10-meisie wat stomende seks langs die skoolsaal het. ’n Prefek het die voorval met sy selfoon afgeneem.

Die leerlinge is nie strafregtelik vervolg nie, maar is permanent uit die skool geskors.

Daar is met tugstappe opgetree teen die prefek en hy is sy prefekskap kwyt.

***

“Wat het jy aan? Wat doen jy? Is jy alleen?”

So begin sexting (seks-gesprekke per SMS of op sosiale netwerke) gewoonlik, vertel twee hoërskoolmeisies van Mpumalanga.

Hulle wil anoniem bly omdat hulle bang is hul ouers vind uit hulle neem ook aan sulke gesprekke deel.

Ná die openingswoorde volg eksplisiete teksgesprekke oor “hoe ons aan mekaar wil vat en wat ons aan mekaar wil doen”.

Daarná word die foto’s per selfoon of via die internet aangestuur.

Sonder om te blik of bloos het ’n 15-jarige meisie aan Rapport erken haar kêrel, wat 16 is, stuur vir haar foto’s van sy geslagsdele.

Sy versprei ook foto’s van haarself “in sexy onderklere sodat jy nie my gesig kan sien nie”.

Sy doen dit só, want ’n vriendin het op die harde manier geleer.

“Ons was nog in die laerskool – ek dink ons was 13 – toe het ’n vriendin ’n naakfoto van haarself geneem en ’n mens kon haar gesig sien.

“Sy het die foto (waarop haar borste en vagina sigbaar was) vir haar ou gestuur. Maar toe hulle opbreek, het hy die foto vir almal in die skool – ook vir die manlike onderwysers – gestuur. Sy moes na ’n ander skool toe gaan, want die verleentheid was te groot.”

Die twee hoërskoolmeisies het op onderskeidelik 13 en 15 met sexting begin.

Die 17-jarige sê: “Ek kan nie seksueel oordraagbare siektes, vigs of ’n baba kry as ek ­sext ing doen nie. Dis normaal, almal doen dit.

“Dis pret om te sien wat die ouens terug sê as jy iets sexy sê!”

Hulle doen dit nie net met hul kêrels nie, maar soms ook met wildvreemde mans op MXit.

“Ek praat met ’n klomp ouens elke keer as ek aanlyn is. Ek vat aan niemand nie, so dis nie verneuk nie.”

Albei die meisies beweer hulle is nie seksueel aktief nie, maar sê dat seuns wel druk op hulle plaas vir seks.

“Hulle sê ons is meer bek as binnegoed, want ons wil wilde goed doen op MXit, maar

***

Tieners versprei pornografiese selfoonfoto’s van hulself, want “as Kim Kardashian kan, kan ons ook”.

Hulle bestee ure aan selfoonklets en die internet en dink nie dis oordadig om tot 100 SMS’e per dag te stuur nie.

Boonop blyk dit die rondstuur van ongure foto’s en gebruik van kru taal is algemeen. Selfone word ook toenemend gebruik om ander mee te boelie.

So het verskeie tieners, van wie die jongste maar 11 jaar oud is, aan Rapport gesê.

Tieners hou van die reëlloosheid van die kuberruim, die onverbonde flirtasies, kuberseks en SMS-affairs.

“Dis hul 5 MB van roem,” sê Janine Shamos, ’n lektor en terapeut by die Suid-Afrikaanse Angs-en-Depressiegroep (Sadag). Sy spesialiseer in terapie vir tieners.

“ ’n Selfoon is ’n gevaarlike toestel as dit in die verkeerde hande beland of misbruik word.”

Shamos het gereageer op ’n onlangse peiling deur Waspa (Wireless Application Service Providers’ Association) wat selfoongebruik van intekenare by groot Suid-Afrikaanse diensverskaffers reguleer.

Volgens Waspa het 22% van meisies en 20% van seuns al onwelvoeglike, kaal- of halfkaalfoto’s van hulself per selfoon gestuur en 90% het al pornografie op die internet gekyk.

’n Studie wat pas deur die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) bekend gemaak is, wys dat 30% van kinders ná skool ure lank op MXit deurbring en dat 75% van hulle minstens een keer per week met vreemdelinge praat.

Tot 42% kommunikeer daagliks deur MXit met vreemdelinge.

“Vandag se tegnologies ingeligte jongmense beweeg onverbonde rond binne ’n onwerklike wêreld en kan wees wie hulle wil,” sê Shamos.

“Tieners het nog altyd glanspersoonlikhede bewonder en nagemaak, maar nou kan hulle deur selfoonkameras en selfoonboodskappe en -aksies hul 5 megagreep van roem kry en gedurig poog om op ander portuurgroeplede te verbeter.”

Shamos sê sekstekste (sexting), kuberflirtasies en SMS-affairs is vir tieners opwindend, sonder dat hulle hulself hoef te verbind en verantwoordelikheid aanvaar.

“Ons vermaan kinders oor sek­suele gedrag. Maar terselfdertyd praat ons nie genoeg oor die uitwerking van sekstekste nie – op hulself, hul reputasie en hul verhoudings met ander mense,” verduidelik sy.

Kuberboelies is die gevaar wat deesdae die grootste afmetings aanneem, sê sy.

Volgens Leon Perlman, voorsitter van Waspa, moet ouers “reëls maak oor die gebruik van tegnologie en hul kinders opvoed. Jy moet jou kind beskerm, eerder as om sy ‘big brother’ te wees.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: sexting  |  kinderpornografie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Die meeste burgers in SA kan nie kompeteer met die kundige werkers in die internasionale markte nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.