Tienermeisie sterf toe bakkie rol
2012-01-01 22:12
Johannesburg – 'n Tienermeisie is op Nuwejaarsdag op slag dood toe die voertuig waarin sy gery het op die Kei Cuttings-pad in die Oos-Kaap gerol het, het SABC-radiostasies berig.
Vyf ander passassiers is beseer en na 'n hospitaal in Butterworth geneem, het kapt. Jackson Manatha, 'n polisiewoordvoerder, gesê.
Die voertuig, 'n bakkie, was op die pad tussen Tabankulu en Grahamstad.
Die polisie het 'n saak van strafbare ongeluk, maar meer inligting oor die oorsaak van die ongeluk is nie tans beskikbaar nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA