Tienermeisie sterf in motorfietsongeluk
2011-08-13 18:17
Pretoria – 'n Motorfietsryer is dood toe sy Saterdag deur 'n bakkie in Montana, Pretoria getref is, het paramedici gesê.
Netcare911-woordvoerder Jeffrey Wicks het gesê 'n bakkie het in die 18-jarige meisie se baan gedraai en haar getref.
Sy is van haar motorfiets geslinger en het veelvuldige kopbeserings opgedoen.
Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie. Polisie sal die ongeluk ondersoek, het Wicks gesê.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA