Tiener vermoor, liggaamsdele verwyder
2012-01-01 20:03
Bloemfontein – 'n Tiener is vroeg op Nuwejaarsdag by Thaba Nchu in die Vrystaat doodgesteek en later gevind sonder party van sy liggaamsdele.
Konst. Consolation Mokoale, 'n woordvoerder vir die polisie, het Sondag gesê die polisie het twee ander tieners, 17 en 19, in hegtenis geneem.
Die slagoffer, 17, en die ander twee tieners het by 'n taverne gedrink toe hulle stry gekry het.
Die twee tieners sal Dinsdag in die Selosesha-landdroshof verskyn.
Kol. Pule Sekese, stasiebevelvoerder van die Selosesha-polisiestasie, het na die moord verwys as 'n "barbaarse moord op 'n mens, veral gedurende die feesseisoen wanneer almal veronderstel is om gelukkig te wees".
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA