Tiener verkrag ná Mxit-ontmoeting
2010-08-06 13:11
Gauteng – Die polisie is op die spoor van ‘n man wat glo ‘n 15-jarige meisie bedwelm en haar toe verkrag het.
Die tiener het die 27-jarige Dave Coughlan op die gewilde kletsnetwerk Mxit ontmoet. Hy het gesê hy hou ‘n partytjie en het aangebied om haar op te laai.
Sy het aanvanklik geweier om na die partytjie te gaan, maar Coughlan het gesê niemand het opgedaag nie en dat sy nog steeds Saterdag by hom kan kom kuier.
Hy het ‘n lap op haar gesig gedruk, waarna sy aan die slaap geraak en hy haar verkrag het.
Toe sy wakker word en niks beweging hoor nie, het sy na die badkamer gehardloop en ‘n “Please call me”-boodskap na haar ma gestuur.
Dié boodskap het die polisie na ‘n kleinhoewe in Crystal Park, Benoni, gelei.
Kapt. Alfred Nakana het gesê die polisie is op soek na Coughlan.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter