Tiener verkrag glo stom vrou
2010-07-24 17:59
Johannesburg - 'n 16-jarige seun is in hegtenis geneem ná hy 'n stom vrou in Dutywa in die Oos-Kaap verkrag het, het die polisie Saterdag gesê.
Kapt. Jackson Manatha het gesê die 23-jarige vrou en haar suster het omstreeks 11:00 Vrydagoggend water gaan haal.
"Hulle het nooit teruggekeer nie en hul ma het na hulle gaan soek. Toe sy hulle opspoor het die suster aan haar gesê dat die 23-jarige verkrag is."
Die ma het die verdagte konfronteer, waarna hy haar met 'n panga gejaag het.
Sy het toe die saak by die polisie aangemeld en die man is in hegtenis geneem.
Hy is later in die sorg van sy ouers vrygelaat en sal op 26 Julie op aanklag van verkragting in die hof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA