Tiener verdrink in wyntenk
2010-02-11 11:43
Kaapstad – ‘n 17-jarige van Blomnek in De Rust het op ‘n plaas in die Oos-Kaap verdrink nadat hy in ‘n wyntenk geval het, het die Herald Online Donderdag berig.
Jonathan Owen was Maandag besig om die tenk te roer toe die ongeluk by die Doornkraalplaas plaasgevind het, het Kapt. Gavin Fourie, van die De Rust-polisiestasie, gesê.
“Dit blyk of hy sy balans verloor het en by die tenk ingeval het. Van die ander werkers het hom uitgehaal en mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas, maar hulle kon nie sy lewe red nie.”
- Sapa