Tiener vas wat vrou met speelgoedgeweer beroof
2011-10-17 20:00
Johannesburg – ‘n Sewentienjarige seun is Maandag deur ‘n woedende skare aangerand nadat hy ‘n vrou met ‘n speelgoedgeweer beroof het in Vosloorus aan die Oos-Rand, het die polisie in Gauteng gesê.
Die 24-jarige vrou het omstreeks 07:00 na ‘n winkel gestap toe die seun haar beroof het, het kapt. Pinky Tsinyane gesê.
Hy het die vrou deursoek en haar selfoon en ‘n R20-noot gevat.
Sy het om hulp geroep. Inwoners het haar gehoor en die seun vasgetrek.
Volgens Tsinyane het die inwoners hom met hul vuiste en voorwerpe geslaan totdat hy inmekaargesak het. Die polisie het gearriveer en hom van verdere aanranding gered.
Die tiener is onder polisiebewaking in ‘n hospitaal.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA