Tiener vas ná hy onnie glo met mes steek
2011-03-17 20:00
Johannesburg – ‘n 14-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo sy onderwyseres met ‘n mes in die maag gesteek het.
Ao. Kay Makhubele het Donderdagaand bevestig dat die seun sy onderwyseres met ‘n mes gesteek en daarna weggehardloop het.
Hy is later in Dobsonville in hegtenis geneem.
Die onderwyseres is in ‘n stabiele toestand in die Tshepo-Themba-hospitaal.
Dié voorval kom slegs ‘n dag nadat die vakbond Congress of South African Students (Cosas) ‘n beroep op skoolkinders gedoen om terug te slaan wanneer hulle deur onderwysers geslaan word.
“... Wanneer onderwysers jou slaan, moet jy terugslaan,” het die vakbond se provinsiale voorsitter, Ntsako Mogobe, Woensdag aan verslaggewers in Pretoria gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA