Tiener vas ná hy glo meisie (5) verkrag
2011-10-19 17:41
Johannesburg – 'n Tiener is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n gr.R-leerder in Zola, Soweto, verkrag het, het die polisie gesê.
Ao. Kay Makhubela het gesê die 14-jarige seun is omstreeks middernag in hegtenis geneem.
Die vyfjarige meisie het nie Dinsdagmiddag van die skool teruggekeer nie, waarna haar ma na haar gaan soek het.
"Die meisie het aan haar ma gesê die tiener wou nie hê sy moet huis toe gaan nie. Hy het haar klere uitgetrek en haar verkrag."
Makhubela het gesê die voorval het in 'n leë klaskamer plaasgevind. Die seun het weggehardloop.
Die tiener verskyn Donderdag in die Protea-landdroshof.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA