Tiener vas ná broer se 'selfmoord'
2010-04-06 08:48
Kaapstad – ‘n Tiener (19) van Delft wat van sy broer se dood verdink word sal vandag in die landdroshof in Bellville verskyn.
Dít kom nadat die verdagte se 12-jarige broer, Masibulele Zwakala, se lyk Vrydagoggend by hul huis gevind is.
Volgens Joe Wilson, polisiewoordvoerder, het dit gelyk of die oorledene selfmoord gepleeg het. Die polisie het egter onraad vermoed en verdere ondersoek ingestel.
Die verdagte is etlike ure na sy broer se dood in hegtenis geneem, het iol berig.
Lees meer hier.