Tiener van trein se dak geslinger
2010-04-21 19:17
Johannesburg – ‘n 15-jarige seun is Woensdagoggend in Kempton Park dood toe hy glo op die dak van ‘n trein gestaan het.
Die slagoffer het glo aan ‘n onwettige “speletjie” bekend as kabelduikery (train surfing) deelgeneem toe die tragedie plaasgevind het.
“Hy is sowat 2km vanaf die Van Riebeeck-stasie vanaf die trein geslinger,” het Vanessa Jackson, ER24-woordvoerder, gesê.
Die seun het verskeie hoof- en interne beserings opgedoen. Hy is dood verklaar op die toneel.
- Sapa