Tiener van PE vermis
2012-01-16 10:22
Johannesburg – ‘n Soektog na ‘n tienerseun wat vermoedelik verdrink het, sal Maandagoggend langs die kus van Port Elizabeth voortgesit word, het die Nasionale seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Die veertienjarige seun het vermis geraak toe hy Sondag by Pollock Beach in Summerstrand gaan swem het, het Craig Lambinon, woordvoerder vir die NSRI, in ‘n verklaring gesê.
Polisiebeamptes, nooddienste en die NSRI het dieselfde dag vir die seun begin soek.
Daniel Heimann van Port Elizabeth se NSRI sê die see was baie onstuimig toe die seun geswem het. Daar word vermoed dat die seestrome te sterk vir hom was.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA