Tiener steel glo baba omdat sy van hom hou
2010-09-21 12:48
Johannesburg - Die polisie het 'n 18-jarige meisie in hegtenis geneem nadat sy Sondag 'n vier maande oue baba in Dobsonville, Soweto, glo ontvoer het omdat sy baie van dié baba gehou het.
Volgens ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, is die baba is in die sorg van sy oom gelos terwyl sy ma gaan werk het.
Makhubela het ook bygevoeg dat dié tiener haar selfoon agtergelaat in die oom se huis. Die polisie het foto’s van die verdagte op haar selfoon gekry, wat hulle gebruik het om haar op te spoor.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.