Tiener se lyk op plaas gevind
2011-10-05 18:11
Johannesburg – Die lyk van ‘n 17-jarige seun is op ‘n plaas in Kwanonqaba, naby Mosselbaai, gevind, het die polisie in die Suid-Kaap Woensdag gesê.
“Die lyk is Dinsdagaand deur ‘n verbyganger gevind wat met ‘n voetpadjie langs deur die bosse op die plaas gestap het,” het kapt. Malcolm Pojie gesê.
Die tiener se keel is afgesny en hy het verskeie steekwonde gehad. Sy gesin het hom Saterdagoggend laas gesien.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA