Tiener in Jhb ontvoer
2011-10-28 15:00
Johannesburg – Vier mans het 'n 17-jarige seun in Lenasia, suid van Johannesburg, ontvoer, het kapt. Mbulaheni Netshivhodza, polisiewoordvoerder, gesê.
Die jeugdige is Donderdagmiddag ontvoer deur mans wat in 'n rooi Citi Golf gery het, het Netshivhodza gesê.
Die polisie is nie seker hoekom hy ontvoer is nie.
Netshivhodza het 'n beroep gedoen op mense met inligting om die Lenasia-Suid-polisiekantoor op 011 855 1013 te bel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA