Tiener doodgesteek voor skool
2010-10-20 21:01
Durban – ‘n Tiener meisie is Woensdag na bewering voor haar skool deur haar voormalige kêrel doodgesteek, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
“Die polisie het die 16-jarige meisie buite die skool langs die pad gevind. Sy is verskeie kere in die nek gesteek,” het ao. Joey Jeevan, polisiewoordvoerder, gesê.
Na bewering het die meisie buite die hekke van die Hoërskool Laduma gestaan toe haar voormalige kêrel haar glo genader het.
Die twee het in ‘n argument betrokke geraak, waarna die verdagte glo ‘n mes uitgehaal en die slagoffer doodgesteek het.
Die 20-jarige verdagte het van die toneel gevlug en is later in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in Pietermaritzburg in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA