Tiener by musiekfees met mes doodgesteek
2012-12-18 15:01
Uitenhage – 'n Tienerseun is in 'n hospitaal in Port Elizabeth dood nadat hy vermoedelik met 'n mes by 'n musiekfees aangeval is, het die Oos-Kaape polisie Dinsdag gesê.
Lt-Kol Priscilla Naidu het die tiener as die 18-jarige Brenden Claasen geïdentifiseer.
Naidu het gesê Claasen was Sondag saam met 'n groep vriende by 'n musiekfees in Uitenhage toe iemand 'n leë bottel van agter gegooi en 'n vrou in die groep getref het.
"Daar word beweer dat sommige mense in die groep die bottelgooier gaan soek het, terwyl die ander agter gebly het," het sy gesê.
'n Bakleiery het toe tussen die mense wat agtergebly het en 'n nuwe groep ontstaan.
Nadat die groepe uitmekaar gejaag is het Claasen en twee ander mense op die grond bly lê.
Hy is Maandag in die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth dood.
Volg
Nuus24 op Twitter.
- SAPA