Tiener by matriekpartytjie aangeval
2011-01-07 11:02
Pretoria - Pleks daarvan om soos die res van die land se matriekleerders deur die koerante na sy uitslae te soek, is ‘n matriekleerder in die Netcare Unitas-hospitaal opgeneem, berig IOL.
Wiehann Whemeyer, 'n matriekleerder van Pretoria, het by sy ore uit gebloei en bloed opgebring nadat hy glo by ‘n partytjie met mede-matrieks in Hatfield aangeval is.
Sy ma, Linda du Toit, het gesê niemand kan sê presies wat gebeur het nie.
“Dit klink asof iemand gedurende die nag van agter gekom en my seun met ‘n vuis teen die agterkant van sy kop geslaan het.”
Lees meer by IOL.