Tiener (15) vas oor moord
2009-10-29 15:10
Kaapstad – ‘n Tiener is in Khayelitsha in hegtenis geneem nadat hy ‘n ander seun glo met ‘n mes doodgesteek het, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
Volgens insp. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, is die liggaam van ‘n 15-jarige seun Woensdagaand in ‘n oop stuk veld in Ilitha Park, Khayelitsha gevind.
“Hy het verskeie steek wonde oor sy liggaam gehad.”
‘n Wenk deur lede van die gemeenskap het daardie gelei dat die verdagte, ook ‘n 15-jarige, in hegtenis geneem is.
“Na bewering het die twee seuns ‘n onderonsie gehad waarna die slagoffer verskeie kere met ‘n mis gesteek is,” het Mawisa gesê.
–Sapa