Tien vas ná dwelmvonds
2010-01-28 16:59
Johannesburg - Nege Nigeriërs en 'n Tanzaniër is in hegtenis geneem vir dwelmhandel ná hulle met dwelms met 'n straatwaarde van R17 500 gevang is.
Die mans wat glo as asielsoekers in die land gekom het, is Woensdag met dwelms soos Rock-tablette en Cat in Rustenburg gevang.
Supt. Lesego Metsi, 'n polisiewoordvoerder, het gesê dít is die tweede dwelmvonds in die provinsie sedert verlede jaar.
"Die hoofdoel van die operasie is om die provinsie, veral Rustenburg, skoon te maak omdat dit een van die gasheerstede is vir die 2010 Wêreldbeker-toernooi."
Die polisie het beslag gelê op vier voertuie wat aan die mans behoort en 'n onbekende bedrag geld.
– Sapa