Tien sterf in stormloop by kroeg
2011-01-01 14:10
Johannesburg – Tien mense is dood in ‘n stormloop tydens Nuwejaarsvieringe in Ipelegeng, het die Noordwes se departement van openbare veiligheid bekend gemaak.
“Die voorval het by die Basotho-kroeg plaasgevind. Die slagoffers was almal tussen 20 en 30 jaar oud,” het Lesiba Kgwele, woordvoerder van departement, Maandagmiddag gesê.
Die presiese oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie.
Kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, kon nie dadelik kommentaar lewer oor die voorval nie. Volgens haar sal die polisie binnekort ‘n verklaring uitreik.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA