Thomas kry fyn koek op sy 19de

2012-01-05 07:42
Tweets Share Share line Print

Thomas Ferreira Kersfees in die hospitaal saam met sy ma, Priscilla, en sy meisie, Chanel Kloppers. (Beeld)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Presies twee maande ná die ongeluk wat hom in ’n koma gelaat het, bring Thomas Ferreira vandag sy 19de verjaardag in ’n rehabilitasiesentrum deur.

“Hy vorder eintlik baie goed,” het sy ma, Priscilla, aan Beeld gesê.

“Hy eet nou saam met die res van die mense in die eetkamer en hy drink baie mooi.

“Hy gee ook al treë.

“Ons het Nuwejaarsdag saam met hom gaan piekniek hou buite en hy was mal daaroor. Die vars lug doen hom goed.”

Thomas sukkel nog om te praat, maar dit kom met tyd, het Ferreira gesê. Hy kry spraakterapie.

Thomas is op 5 November verlede jaar op sy motorfiets deur die bloulig-ampsvoertuig van Humphrey Mmemezi, Gautengse LUR vir plaas­like regering en behuising, omgery.

Hy is ernstig beseer en was lank in die hospitaal, maar is nou by die Riverfield Lodge-rehabilitasiesentrum in Fourways.

Hulle “gee glad nie om” dat Thomas sy verjaardag by die sentrum moet deurbring nie, het Ferreira gesê.

Oor hul verjaardagplanne het sy gesê: “Hy gaan ’n lekker stuk koek eet. Ek weet hy’s op ’n dieet van sagte kos, maar ek sal dit vir hom fynmaak!”

Wat wél vir hulle swaar is, is dat die matriekuitslae vandag bekend gemaak word. Thomas was in die middel van sy matriekeksamen toe die ongeluk gebeur het.

“Ons is hartseer, want al sy vriende kry nou hul uitslae, maar ons fokus op sy gesondheid. Ons sal dit vir hom verduidelik. Ons het nog glad nie besluit wanneer of waar hy die eksamen sal oorskryf nie.”

Volgens Ferreira het hulle met Thomas se skoolhoof vergader, wat verduidelik het dat hy wel die eksamen sal moet oorskryf en nie op grond van sy rekordpunte matriek kan slaag nie.

Mongezi Monyane, hoof van Mmemezi se departement, het gesê hy gaan met die gesin vergader oor die betaling van Thomas se mediese koste soos belowe deur die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane.

Karl Schuler, die Ferreiras se regsverteenwoordiger, het dit bevestig, maar sy ontevredenheid uitgespreek omdat die provinsiale regering direk met die gesin geskakel het terwyl dit bekend is dat ’n regsfirma namens hulle optree.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: thomas ferreira  |  tieners  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Die meeste burgers in SA kan nie kompeteer met die kundige werkers in die internasionale markte nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.