Thomas: Ouers nog in duister

2011-12-05 09:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Presies ’n maand sedert Thomas Ferreira (18) in ’n koma verval het ná ’n bloulig-ongeluk, was sy ouers steeds in die duister oor die provinsiale regering se bydrae tot sy mediese uitgawes.

Behalwe dat die Ferreira-gesin van Krugersdorp nie weet hoeveel die Gautengse premier gaan bydra nie, is daar ook nie nuwe inligting oor die vordering van die polisie-ondersoek nie.

Thomas, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Bastion, is op 5 November op sy motorfiets deur ’n LUR se ampsmotor omgery.

Hy is sedertdien in die Krugersdorp-hospitaal en was 20 dae in die waakeenheid voordat hy na ’n private kamer geskuif is.

By Beeld se besoek laas week was sy oë oop, hoewel hy nog in ’n semi-koma is. Hy kan nie praat nie, maar beweeg sy mond.

“Die dokter sê dit het Donderdag die eerste keer gelyk of sy oë jou begin volg. Sy oë is ook helderder,” het mnr. Paul Ferreira, Thomas se pa, gesê.

Die gesin is “baie rustiger” oor hul seun se toestand.

“Hy’s nie meer in gevaar nie,” het Ferreira verduidelik.

Thomas kry voeding deur sy neus, maar ’n voedingsbuis word vandag in sy maag geplaas.

Dit dra ’n kleiner infeksierisiko en hulle kan hom dan ook in ’n rolstoel sit.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het vroeër belowe om Thomas se mediese uitgawes te betaal.

Die Ferreiras sou teen einde verlede week hoor wat dié hulp behels, maar het eers gister van die premier se kantoor verneem nadat Ferreira navraag gedoen het.

Xoli Mngambi, Mokonyane se woordvoerder, het Ferreira Saterdag gebel en gesê hy het met die premier gepraat en hulle sal in die komende week meer inligting gee.

Ferreira het gesê Thomas moet môre weer vir ’n skandering gaan en hul mediese fonds betaal nie alles nie.

Die Ferreiras wil Thomas na die Riverfield Lodge-rehabilitasiesentrum naby Muldersdrift aan die Wes-Rand stuur.

Die maandelikse koste begin by sowat R100 000, wat nie medikasie insluit nie.

Hulle weet nie of die premier se aanbod die rehabilitasiekoste insluit of hoe lank Thomas se rehabilitasie gaan neem nie.

Mngambi het Sondag gesê die saak is tussen die premier en die gesin en hy kan nie inligting daaroor gee nie.

Die Ferreiras het ook nog geen terugvoering van die polisie gekry oor die klag van roekelose en nalatige bestuur wat ondersoek word nie.

“Wat erg is, is dat (die bestuurder) nie eens belang gestel het nie. Dis onmenslik. Dan dink jy die klag moet maar poging tot moord wees,” het Ferreira gesê.

Hulle gaan ’n derdeparty-eis instel, maar omdat hulle moet wag vir volledige mediese verslae sal dit waarskynlik ’n paar jaar duur voordat hulle met die eis kan begin.

Dié verslae sal bepaal wat die omvang van Thomas se beserings en die langtermyngevolge daarvan is.

Volgens lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, moet verklarings nog by ’n paar ooggetuies afgeneem word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: thomas ferreira  |  ongelukke  |  bloulig

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Die meeste burgers in SA kan nie kompeteer met die kundige werkers in die internasionale markte nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.