Terreur-verdagte uit op borg
2010-05-15 01:17
Johannesburg - Een van die vier mans wat van ‘n beplande terreuraanval in Phalaborwa beskuldig word, is Vrydag op borgtog van R3000 vrygelaat, het die SABC berig.
André Stroh (21) was een van die ses mans wat in hegtenis geneem is wat na bewering die graf van die voormalige diplomaat, Norman Mashabane beskadig het.
Verdere ondersoek het gevind dat dié oortreding deel was van ‘n sogenaamde sameswering om terreuraanvalle teen swart mense te loods.
Musa Zondi, woordvoerder van die Valke het gesê die polisie het die mans met groot hoeveelhede plofstof en ammunisie vasgetrek het.
“Ons het gevind dat die hoeveeldheid wapens en ammunisie genoeg was om plofstof te vervaardig," het hy gesê.
Klagtes teen twee van die verdagtes is teruggetrek, terwyl ‘n derde verdagte op borgtog van R1000 vrygelaat is.
Stroh is beveel om elke Vrydag by die Phalaborwa-polisiestasie aan te meld. Hy word ook nie toegelaat om die dorp sonder toestemming van die polisie te verlaat nie.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.