Terre’Blanche was plaasmoord nr. 3368

2010-04-06 06:46
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper, Die Burger

Kaapstad - Die moord op die AWB-leier, Eugène Terre’Blanche, het die getal moorde op boere én plaaswerkers sedert 1994 op altesaam 3 368 te staan gebring.

“Dit is meer as enige oorlog op die aangesig van hierdie aarde.”

Só het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gister gesê gedurende ’n debat oor voedselsekerheid op die KKNK wat in Oudtshoorn plaasvind.

Hy en Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, asook Ismail Motala, van die Unie vir Suid-Afrikaanse Landbou, en ’n boer van Wolseley, het voedselsekerheid en hervormingskwessies in die landboubedryf gedebatteer.

“As gesinne saans om die etenstafel gaan sit, vra die vroue gewoonlik of dit nog die moeite werd is om aan te hou boer en of dit nie tyd geword het om dorp toe te trek nie,” het De Jager gesê met verwysing na boere se vrees om op hul plase aangeval te word.

De Jager het ook sterk reaksie van sy twee gespreksgenote ontlok toe hy gesê het dit neem ’n geslag om ’n goeie boer te word.

“Dit gebeur nie eensklaps nie. ’n Mens leer boer by jou oupa en jou pa.”

Motala het De Jager se stelling egter gekritiseer en gesê boerdery is ’n sakeonderneming en hy boer maar vir die afgelope sewe jaar.

Joemat-Pettersson het in haar repliek aan die einde van die debat gesê dit is wel so dat baie wit boere oor ’n tydperk van drie geslagte leer boer het en dat dit nie onmiddellik gedoen kan word nie.

“Maar die wit mense het ook gesê swartes kan nie die land regeer nie en ons doen dit al vir die afgelope 16 jaar en ons doen dit steeds – al is dit miskien nie soos u daarvan hou nie,” het Joemat-Pettersson gesê.

- Die Burger

 

Lees meer oor: plaasmoorde  |  people

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

raymond.merwe sê... Daar is meer as een probleem hier. Eerstens is die vakbonde die oorsaak dat besighede en fabrieke sluit agv minimum loon en stakings. Dan is daar BEE en "entitlement" Die werk etiek van betaande werkers spoor niemand aan om uit te brei nie. Al die swart magnate wat hulle geld met n kortpad gekry stel nie belang om deel te wees van die werkskepping in die ekonomie nie vandaar die invoere vanaf China ens. Ons moet onderskei tussen werkskepping en "handouts". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.