ET was geheime vrou se 'sielsgenoot'

2012-02-12 07:07
Tweets Share Share line Print

Hegte vriendskap. Eugène Terre’Blanche en Ilse Venter in Pretoria sowat nege maande voor sy dood in April 2010.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Lydenburg – Eugène Terre’Blanche (67) was haar sielsgenoot en sý was die vermoorde AWB-leier se “wyfieleeu” en “sielsmaat”.

So het Ilse Venter (51), tot nou die ander geheime vrou in Terre’Blanche se lewe, die afgelope week gesê.

Sy het met die hervatting van die AWB-leier se moordsaak in Ventersdorp Rapport genader om te vertel van hul jare lange vriendskap.

In ’n gedig wat Terre’Blanche vir Venter geskryf het, sê hy: “Jy is my Elsa, my wyfieleeu, sielsmaat, getrou, vriendin van die eeu...”

“Martie was sy vrou by die huis en ek was sy ander vrou, sy kuier-vrou,” sê Venter.

“Hy het na my toe gekom as hy wou ontspan en kuier.”

Volgens haar het hulle die vier jaar voor Terre’Blanche se dood op 3?April 2010 minstens een keer per dag oor die telefoon gesels en tot een keer per maand saam gekuier.

Sy sê hulle het in 1987 al ontmoet en nog beter vriende geword toe hy in 2003 tronk toe gestuur is.

“Hy het baie vir my geskryf en baie mense het gedink ons het ’n verhouding.

“Selfs sy vrou het so gedink. Ek en Mart was nie pêlle nie,” sê Venter. Sy sê Martie Terre’Blanche het jare al geweet van hul verbintenis.

Mev. Terre’Blanche het aan Rapport bevestig dat haar man en Venter “sielsgenote” was.

Venter sê sy het Terre’Blanche ontmoet kort nadat sy en haar vriendinne ’n berig in Rapport gelees het oor watter mans “soenbaar” en “onsoenbaar” is.

“Anders as my vriende het ek gedink hy ís soenbaar.” Sy het Terre’­Blanche gebel terwyl hy besig was om TV te kyk.

“Hy het my goed gevloek en gesê ek moet sy skakelpersoon bel,” sê Venter.

Kort daarna het Terre’Blanche haar egter self teruggebel en gesê: “Ek like jou guts.” Hy het voorgestel dat hulle by die Pretoriase stadsaal ontmoet.

“Hy het daar reguit na my toe gestap en my ’n soen gegee. Toe sê hy vir my vriendinne hulle moet hul weddenskap-geld betaal.”

Venter het toe by die AWB aangesluit en dié organisasie het haar huis in Pretoria as hoofkantoor gebruik.

Sy sê sy en Terre’Blanche het ’n paar keer ’n kamer gedeel en selfs een slag – toe sy hom “teen ’n ander vrou moes beskerm” – ’n bed.

“Ek was in volle uniform langs Eugène in die bed terwyl twee wagte buite in die gang gestaan het. Ek het baie gedink: Moet ek nie vir hom gaan nie?

“Ek het vir hom gesê hy moet nie met sy mooi blou oë vir my kyk nie – netnou sê ek ja.”

Venter glo Terre’Blanche het ’n ligte beroerte gehad toe hy kort voor sy dood ’n hartoperasie ondergaan het. Hy was daarna vergeetagtig en die een kant van sy gesig het effens gehang.

“Hy het die week voor sy dood gesê hy is nie meer ’n man nie, dat hy useless is,” sê Venter.

Sy het nooit gedink Terre’Blanche is ’n baie seksuele persoon nie. Hoewel vroue “vir hom ogies gemaak het”, het hy dit nooit verder gevoer nie.

“Hy was mal oor mooi vroue en hulle het sy ego gestreel, maar hy het nooit rondgeslaap nie. Ek mis hom verskriklik baie,” sê Venter.

Sy is ’n vryskutjoernalis en rig atletiek af vir laerskoolkinders in Lydenburg.

Regter John Horn het die afgelope week beslis uitwysings wat deur die minderjarige moordverdagte gedoen is, mag nie as bewys in die hof dien nie.

Kapt. Mojalefa Nkosi, wat die uitwysings behartig het, het getuig Chris Mahlangu (31), die ander beskuldigde, het erken hy het Terre’Blanche met ’n ysterpyp oor die kop geslaan terwyl hy lê en slaap het.

Die verhoor word op 10 April hervat.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: eugene terre'blanche

Lewer kommentaar op hierdie artikel
47 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

raymond.merwe sê... Daar is meer as een probleem hier. Eerstens is die vakbonde die oorsaak dat besighede en fabrieke sluit agv minimum loon en stakings. Dan is daar BEE en "entitlement" Die werk etiek van betaande werkers spoor niemand aan om uit te brei nie. Al die swart magnate wat hulle geld met n kortpad gekry stel nie belang om deel te wees van die werkskepping in die ekonomie nie vandaar die invoere vanaf China ens. Ons moet onderskei tussen werkskepping en "handouts". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.