Terre'Blanche-verhoor tot 2012 uitgestel
2011-10-20 15:54
Ventersdorp – Die verhoor van twee plaaswerkers wat beskuldig word van die moord op die AWB-leier Eugene Terre'Blanche, is tot volgende jaar uitgestel.
Die rondgaande hooggeregshof het die saak tot 30 Januarie uitgestel.
Terre'Blanche is op 3 April verlede jaar op sy plaas aan die buitewyke van Ventersdorp, vermoedelik in 'n dispuut oor lone, vermoor.
Albei beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en poging tot roof met verswarende omstandighede.
Chris Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree, terwyl die 16-jarige enige betrokkenheid in die moord ontken het.
Mahlangu bly in polisie-aanhouding terwyl die 16-jarige in 'n plek van veiligheid aangehou word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA