Terpentyn eis byna babameisie

2009-11-10 06:37
Tweets Share Share line Print

Welkom - ’n Babameisie van 18 maande is gelukkig om te leef nadat sy ’n sluk terpentyn gevat het.

Dampe van die terpentyn het haar longetjies beskadig en sy word in die Bongani-hospitaal in die stad behandel.

Terwyl sy om haar lewe geveg het, moes haar ouers met die Welkom-Medi-Clinic stoei wat eers R12 000 wou hê voordat hulle haar verder behandel.

Mervin Scheepers, klein Anchenique se pa, sê hy was Vrydagmiddag besig om rame te verf en die bottel terpentyn het op die grond gestaan. Anchenique het daar rondgespeel.

Sy het, sonder dat iemand dit gesien het, die bottel opgetel en dit die huis ingedra.

Daar het haar ma Anna-Lee gesien net toe sy ’n sluk wou vat. “Ek het dit uit haar hand gestamp, maar dit was te laat, sy het reeds van die terpentyn ingekry,” het Scheepers gesê.

Anchenique se ogies het omgedop en was slaperig. Hulle het met haar na die Welkom-Medi-Clinic gejaag.

Daar is sy gestabiliseer, maar haar ouers moes dadelik R1 500 betaal omdat Anchenique nog nie op haar pa se siekefonds is nie.

Mervin Scheepers sê sy dogter is daarna in ’n saal opgeneem, maar daar is vir hulle gesê hulle moet eers R12 000 betaal voordat sy verder behandel kan word.

“Dit was ná 20:00. Waar moes ons die geld kry? Ons sou dit eers die volgende oggend kon betaal.”

Die hospitaal het egter volgehou dat sy na die Bongani-hospitaal oorgeplaas moes word.

“Ons het wonderlike diens by Bongani gekry. Die dokter het vir ons by noodgevalle gestaan en wag. Hy het dadelik Anchenique se hempie, wat nog erg na terpentyn geruik het, uitgetrek, want sy het nog die hele tyd die dampe ingeasem.”

Die Scheepers-egpaar het net lof vir die diens wat hulle sedertdien by Bongani ontvang. “Dit gaan onder die omstandighede goed met haar. Die dokters sê dit lyk asof haar longe beskadig is, maar tyd sal leer. Sy haal al sonder die suurstof asem en sit met tye regop. Gistermiddag het sy begin rondstap.”

Anna-Lee Scheepers sê verskeie gebedsgroepe bid vir Anchenique en sy glo dit is wat haar soveel beter gemaak het.

Sy sê die belangrikste les wat hulle geleer het, is om nooit vir jou kind enigiets te gee om te drink nadat die kind terpentyn of enige ander gif gedrink het nie.

Frans van Niekerk, hospitaalbestuurder van Welkom-Medi-Clinic, sê die hospitaal het ’n streng beleid dat alle pasiënte in die noodsentrum volgens internasionale standaarde gestabiliseer word. Die bogenoemde geval is as sulks hanteer.

“Vanweë teenstrydige inligting en pasiëntvertroulikheid is ons nie by magte om die aangeleentheid in die media te bespreek nie.”

- Volksblad

Lees meer oor: baba  |  gif

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

fran.boucher sê... Wonder hoe hy sou gevoel het as iemand hom skilder met sy tottie buite sy broek? Ek is nie 'n Zuma fan nie, maar dis vir my uiters swak smaak. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.