Tenders van R3 miljard onwettig toegeken
2011-09-20 10:52
Kaapstad – 'n Ondersoek deur die departement van openbare werke in samewerking met die Spesiale Ondersoekeenheid het ernstige ongerymdhede in die toekenning van sekere tenders onthul, het Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, gesê.
Dié tenders beloop meer as R3 miljard.
Kriminele aanklagte sal na verwagting teen verskeie beamptes, sowel as ander mense buite die departement gebring word, het sy gesê.
Mahlangu-Nkabinde het gesê sedert sy 10 maande gelede aangestel is, ondersoek sy 'n aantal tenders wat deur die departement van openbare werke toegeken is.
"Ons weet van meer as 40 sake waar tenders onreëlmatig toegeken is, waar die korrekte prosedure nie gevolg is nie en oneerlikheid plaasgevind het."
Mahlangu-Nkabinde het gesê die ondersoeke duur voort omdat die departement nie seker kan wees of hy al die ongerymdhede uitgelig het nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter