Tekort aan medisyne in Noordwes
2010-12-03 02:30
Johannesburg – Hospitale en klinieke in die Noordwes het uit medisyne gehardloop, het die Demokratiese Alliansie Donderdag gesê.
“Mense wat aan hipertensie, asma, TB en diabetes lei word erg geraak,” het die provinsie se DA-leier, Chris Hattingh, gesê.
Hy het bygevoeg dat pasiënte, talle wat bejaardes was, aangesê is om oor ‘n week of twee terug te keer om hul medikasie te kry.
Hattingh het verder gesê dat die DA oorweldig is deur oproepe van baie areas in die provinsie, maar meestal van die Klerksdorp-omgewing.
Hy beweer dat die krisis rondom die voorraad van medisyne sowat drie maande gelede begin duidelik raak het.
Woordvoerder vir die departement van gesondheid. Tebogo Lekgethwane, het gesê hy is nie bewus van die krisis nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA